Geen generiese sjablone ("templates") nie. Jou kontrak word deur ’n Suid-Afrikaanse prokureur opgestel vir jou spesifieke omstandighede.
Professionele kontrakte vanaf R2 875.
Vertel ons wat jy nodig het
Voltooi die kort vorm of WhatsApp ons.
Ontvang ’n kwotasie
Ons bevestig die fooi en tydlyn. Geen verpligting nie.
Ons stel jou kontrak op
Nadat jy die kwotasie aanvaar en betaal het, begin die prokureur met jou kontrak.
Helene Viljoen (LLB, LLM cum laude) is die stigtersdirekteur van Helene Viljoen Ingelyf en Kliekreg. Sy adviseer Suid-Afrikaanse ondernemings — van beginnersondernemings tot JSE-genoteerde maatskappye — oor kontrakte, besigheidsreg en intellektuele eiendom.
Elke kontrak word volgens die kliënt se behoeftes opgestel.
Jy werk met ’n prokureur, nie ’n geoutomatiseerde rekenaar nie.
Diens is landwyd en volledig aanlyn beskikbaar.